Thaise garnaalkerrie

Nou dat jy weet hoe om garnale skoon te maak kan jy hierdie lekker Thaise garnaalkerrie probeer

4 porsies

Bestanddele

20 middelslag-garnale
2 grasuie, gekap
2 huisies vars knoffel
5 cm vars gemmer
60 g (2 pakkies) vars koljanderblare
30 g (1 pakkie) vars pietersielie
15 g (½ pakkie) vars basiliekruid
2–3 groen brandrissies
5 ml (1 t) vissous
10 ml (2 t) sojasous
80 ml (1/3 k) water
400 ml (1 blik) klappermelk
1 groen soetrissie, in repies gesny

Klik hier en leer om garnale skoon te maak

Metode

  1. Maak garnale skoon en hou in yskas.
  2. Braai grasuie in bietjie olie oor stadige hitte tot sag.
  3. Terwyl uie braai, gooi knoffel, gemmer, koljander, pietersielie, basiliekruid, brandrissie, vissous en sojasous in voedselverwerker en verpulp tot glad. Gooi bietjie water by om proses te vergemaklik.
  4. Voeg garnale, klappermelk, soetrissie en kruiemengsel by uie en laat prut tot garnale gaar is.
  5. Bedien met jasmynrys.

Send this to a friend