KNORR-pragslaaie: Tropiese slaai

Hoekom is ons gaande oor hierdie KNORR #SignatureSalad-pragslaai? Dis vars, supersmaaklik en werk perfek saam met die nuwe KNORR Balsamic & Pineapple Vinaigrette-slaaisous. Én ons kan ook nie genoeg van dié slaaisous kry nie! Pragslaaie is baie makliker om te maak as wat jy dink – probeer dit self ’n slag.

Vir alle kompetisiebesonderhede, -bepalings en -voorwaardes, klik hier: https://www.knorrwhatsfordinner.co.za/knorrsignaturesalads/

KNORR-pragslaaie: Tropiese slaai

  • 4 porsies
  • Maklik
  • 15 minute

Bestanddele

Romaine-slaaiblare (ongeveer 20 blare)
2 lemoene, geskil en gesegmenteer
1 rooi soetrissie, in repies gesny
½ pynappel, geskil en in blokkies gesny
1 sprietui, gesny
koljanderblare vir garnering
KNORR Balsamic & Pineapple Vinaigrette-slaaisous

Metode

  1. Rangskik vyf slaaiblare op vier borde uit. Plaas die lemoenwiggies daarop en gooi die soetrissie, pynappelblokkies, sprietuie en koljanderblare bo-oor.
  2. Bedruip met KNORR Balsamic & Pineapple Vinaigrette-slaaisous voor opdiening.

Bobaaswenke om jou eie #KnorrSignatureSalads-pragslaai te skep:

  • Bedien jou helder slaai op individuele houtborde om jou gaste te beïndruk.
  • Gebruik Romaine-slaaiblare vir ’n gesofistikeerde, afgeronde voorkoms.
  • Groente lyk nie net mooi in ’n slaai nie, maar is boonop gesond!

Send this to a friend