Aartappel-en-mielie-slaai

Aartappel-en-mielie-slaai

Gee die gesin vandag vinnig kos met hierdie maklike en vars resep vir ’n aartappel-en-mielie-slaai

Deur SUZANNE CROZIER

4 porsies

Bestanddele

1 kg (1 pak) klein aartappeltjies, in helftes gesny bietjie olie
15 ml (1 e) groentespeserye
vars gemaalde swartpeper
4 vars geelmielies
60 ml (¼ k) botter
15 ml (1 e) hoenderspeserye
150 g (1 pak) spinasie- en roketblare
200 g (1 pak) kersietamaties
3 sirkels feta
SOUS
80 ml (1/3 k) mayonnaise
30 ml (2 e) room
30 ml (2 e) soetrissiesous
10 ml (2 t) gemengde kruie

Metode

Stel oond op 200 °C.

  1. Meng aartappels met olie, groentespeserye en peper en plaas op bakplaat.
  2. Smeer mielies met botter en sprinkel met hoenderspeserye. Plaas ook op bakplaat.
  3. Bak vir 40 minute of tot sag. Haal uit en laat effe afkoel.
  4. Sny mielies van stronk af, hou eenkant.
  5. Pak blare in groot mengbak met tamaties, feta en mielies.
  6. Sous Meng alles saam en roer aartappels deur sous.
  7. Gooi aartappels by res van slaaibestanddele. Bedien dadelik.

Send this to a friend