Warm quinoa-en-avokado-slaai

Foto: Vrouekeur – Elmarie Knapton

Avokado’s is heerlik in menige gereg en beslis gesond. Maak hierdie warm quinoa-en-avokado-slaai

Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS
Assistent SUZANNE CROZIER
4 porsies

Bestanddele

750 ml (3 k) water
1 blokkie groente-aftreksel
1 ml sout
250 ml (1 k) quinoa
30 ml (2 e) avokado-olie
1 ui, fyngekap
1 rooi soetrissie, ontpit en in groot blokke gesny
handvol vars pietersielie, gekap
125 ml (½ k) dennepitte, liggies gerooster
250 g halloumi-kaas
1 avokado, geskil en in repe gesny
45 ml (3 e) avokado-olie
10 ml (2 t) suurlemoensap
5 ml (1 t) suiker
5 ml (1 t) vars pietersielie, gekap

LEES OOK: Spek-biltong-en-avokadoslaai

Metode

  1. Verhit water, groente-aftreksel en sout tot kookpunt in kastrol. Voeg quinoa by en kook vir 15 minute of tot gaar. Spoel af en dreineer. Skep in bak.
  2. Verhit olie en soteer ui tot sag. Voeg soetrissie en pietersielie by en soteer nog vier minute. Skep by quinoa. Roer deur.
  3. Verhit braaipan sonder enige olie en rooster dennepitte. Skud braaipan gereeld sodat dennepitte eweredig kan verbruin. Skep uit.
  4. Gebruik dieselfde braaipan en braai halloumi aan albei kante tot goudbruin.
  5. Skep quinoa in opdienbord. Plaas dennepitte, avokado en gebraaide halloumikaas bo-op.
  6. Meng avokado-olie, suurlemoensap, suiker en pietersielie. Bedien oor quinoa.

Send this to a friend