Worshappies

Bederf jou mense met hierdie lekker worshappies oftewel ‘varkies in die kooi’

Bestanddele

Genoeg vir 36 varkies

430 ml (280 g) koekmeel
1,25 ml (. t) rooipeper
5 ml (1 t) bakpoeier
2,5 ml (1/. t) Aromat (kaasgeur)
105 ml (100 g) koue botter, in blokkies gesny
310 ml (200 g) kaas, fyngerasper
30 ml (2 e) parmesaan
180 ml yswater
1 pak (500 g) mini-rooiworsies
1 eier, geklits
2 ℓ olie

Metode

  1. Sif meel, rooipeper, bakpoeier en Aromat saam.
  2. Vryf botter by mengsel in.
  3. Voeg kase by krummels en roer yswater geleidelik by.
  4. Roer totdat mengsel deegbal vorm.
  5. Bedek deeg met kleefplastiek en verkil in yskas vir 30 minute.
  6. Gooi olie in groot pot en verhit.
  7. Haal worsies uit pak en vryf droog.
  8. Verdeel deeg in twee dele en rol op meelbestrooide oppervlakte in sirkel van 27 cm uit. Sny sirkel soos pizza in 16 stukke.
  9. Plaas worsies op grootste gedeelte van skyf deeg en rol dit op. Smeer punt met geklitste eier om te heg.
  10. Diepvetbraai in matige warm olie tot goudbruin en gaar.
  11. Bedien met soetrissiesous of mosterd.  

Send this to a friend