Brei ’n fraai kombers

brei_fraai_kombers

’n Maklike patroon, pas net die grootte en kleure volgens jou smaak aan

Deur: Christa Swanepoel

Wat het jy nodig?

  • Gebruik enige oorskietbreidraad wat jy het. Die breidraad op die foto is ELLE FAMILY KNIT DK in White, Violet, Turquoise en Coral
  • Daar kom ongeveer tien seshoeke uit een 50 g-bal
  • 4-mm naalde

Brei-inligting

Brei stroke seshoeke so lank as wat jy dit verkies en werk dit aanmekaar.

LEES OOK: Hekel dié baie gewilde chevron-kombers

Afkortings

r – regs
rs – reksteek
ste – steke
vmeer – vermeerder
vmin – verminder

Aanwysings

Vir ’n ry wat met ’n volledige seshoek begin
Stel 8 ste op.

*Vlg ry: r.
Werk 10 rye rs en vmeer 1 st aan begin van elke ry. 18 ste.
R 2 rye.
Werk 10 rye, vmin 1 st aan beg van elke ry. 8 ste.

Vlg ry: r.*
Herh van * tot * met volgende kleur soos verkies en gaan voort tot so lank jy kombers wil hê.

Vir ry wat met halwe blokkie begin
Stel 18 ste op.

Vlg ry: r.
Werk 10 rye rs, vmin 1 st aan begin van elke ry. 8 ste.

LEES OOK: Brei ’n blokkieskombers

Vlg ry: r.
Werk van * tot * tot verlangde lengte en eindig met halwe blokkie soos volg:

Vlg ry: r.
Brei 10 rye, vmeer 1 st aan begin van elke ry. 18 ste.

Heg af.

Om te voltooi

Werk stroke aan mekaar.

Bronne: Elmarie Knapton, gebrei deur Marie du Plessis, stilering Karen Adendorff
kombers

Send this to a friend