Skaapboud met suurlemoen

Rika Sennett is ’n bekende en geliefde gesig op ons kassie. Sy deel haar resep vir ‘n skaapboud met suurlemoen

6 tot 8 porsies

Bestanddele

2-2,5 kg skaapboud

60 ml (4 e) sagte botter

60 ml (4 e) vars broodkrummels

6 knoffelhuisies, geskil en fyngekap

sap en skil van 1 middelslagsuurlemoen

10 ml (2 t) sout

1 ml gemaalde swartpeper

10 ml (2 t) vars roosmaryn, fyngekap

2 vars roosmaryntakkies vir bo-op

LEES OOK: Maklike lamskenkels

Metode

Stel oond op 180 °C.

  1. Meng bestanddele saam en smeer oor hele skaapboud.
  2. Bedek skaapboud met oopgesnyde baksakkie – die boud rooster só lekker en die oond spat ook nie vuil nie.
  3. Sit die pan met skaapboud op die middelste oondrak.
  4. Bak 25 minute vir elke 500 g. Bak dan nog 25 minute nadat baktyd verstreke is.
  5. Sit aartappels (vooraf vir ongeveer 7 minute gekook en gehalveer – dit moet nog ferm wees) in oondpan langs boud om in vleissous saam met boud te rooster en te verbruin.

Wenke

  • Jy kan ook gesnyde, heel vars knoffel saam met die boud bak. Die lang baktyd bring mee dat knoffel murgsag en reukloos is. Dit smaak heerlik saam met vleis en aartappels.
  • Jy kan ook roosmaryn met vars tiemie vervang.

 

Send this to a friend