Glutenvrye kersie-en-suurlemoen-koek | Vrouekeur

Glutenvrye kersie-en-suurlemoen-koek

Dié koek is perfek vir mense wat vir koringmeel en gluten allergies is

Deur SUZANNE CROZIER en MARLO KITSHOFF-CARSTENS Foto ANDREA CALDWELL

8 porsies

Bestanddele

750 ml (3 k) amandelmeel
250 ml (1 k) klappermeel
2,5 ml (½ t) sout
5 ml (1 t) bakpoeier
2,5 ml (½ t) koeksoda
125 ml (½ k) olie
125 ml (½ k) heuning
1 suurlemoen se sap en skil
3 groot eiers
425 g (1 blik) kersies, gedreineer
VERSIERSEL
250 ml (1 k) dubbeldik jogurt
30 ml (2 e) heuning
5 ml (1 t) vanieljegeursel

Metode

Stel oond op 180 °C.

  1. Meng droë bestanddele.
  2. Verhit olie en heuning tot heuning gesmelt is. Voeg suurlemoensap en -skil by.
  3. Klits eiers en gooi saam met heuningmengsel in groot mengbak. Voeg droë bestanddele by en roer deur.
  4. Halveer helfte van kersies en roer liggies by koekmengsel.
  5. Spuit ronde losboomkoekpan van 20 cm in deursnee met kossproei en voer met bakpapier uit. Spuit weer met kossproei.
  6. Skep beslag in koekpan en bak vir 45 tot 50 minute of tot toetspen skoon uitkom.
  7. Koek kan ná helfte van baktyd met foelie bedek word indien dit te donker bo-op bak.
  8. Versiersel Meng alles en skep bo-oor afgekoelde koek. Versier met oorblywende helfte van kersies.

Send this to a friend