5 vrae aan Milan Murray

Vyf vrae aan Milan Murray, wat tans as advokaat Nicky Swanepoel in Die Byl te sien is:

Wat is jou gunstelingsomertydverdryf?
Ek is in my hart ’n Weskusser. Tyd op die strand is heerlik, of dit nou stand-up paddling, stap of boeklees is.

Waar is huis en hoe ontspan julle as gesin?
Ons huis is op Melkbosstrand. Ons het nou al sewe jaar lank nesgemaak in hierdie kusdorp en ons geniet die bederf van ’n sorgvrye lewe. Die tannie by die draairoomyswinkel ken my kinders op die naam. Die bure af in die straat, bel as my kat rondloop. Ons is ge-ken.

Wat doen julle vanjaar vir Valentynsdag?
Ons is bietjie sleg met Valentynsdag! Die kinders moet ons herinner! Om die draai van ons huis woon ‘n vrou wat met lelies boer. Sy stap gewoonlik vroegoggend met ‘n tamaai bos blomme oor wat Schalk middernag bestel het!

Wat lees jy tans?
Nie-fiksie: The Desrie Map – Danielle LaPorte en fiksie: All the Light we Cannot See – Anthony Doeer.

Wat is jou gunstelingsomerresep wat jul gesin baie geniet?
Ek kan nie kook nie! So, yskoue waatlemoen!

Send this to a friend