5 vrae aan Tarryn Lamb

5 vrae aan Tarryn Lamb, mede-aanbieder van Maak my Famous:

Die voorblad van 24 Mei 2019 met Tarrym Lamb

1. Watter een van jou liedjies is die gewildste onder die publiek en watter een is jou gunsteling?

Ek dink Geheueverlies, die nuutste een, hy klink so ’n bietjie soos ’n Adele-liedjie en ek is mal oor Adele.

2. By wie klop jy aan as daar belangrike besluite geneem moet word?

Ek maak nie groot besluite as ek in ’n blik gedruk word nie. As ek tyd het om te dink, bid ek baie, dan gaan ek na Lester toe, dan my ma, dan my pa, dan bid ek weer.

3. Is daar iets in jou lewe waaroor jy baie spyt het?

Ek is spyt oor niks nie, ek het al baie intense goed in my lewe deurgemaak, maar dit het my gemaak wie ek vandag is en dit het my ook baie sterker gemaak.

4. Wat is die beste raad of advies wat jy by jou ouers gekry het?

My ouers is geskei toe ek 13 was en die beste raad was die voorbeeld wat hulle as mense aan ons drie kinders gestel het. Hulle is albei harde werkers, onafhanklik en passievol en baie lief vir hul kinders. Hulle is albei baie betrokke in ons lewens. My pa, Devon, was in die Vloot, maar het verlede jaar afgetree en my ma, Lynne, is ’n kleuterskool-onderwyseres.

5. Wat wink na Maak my Famous vir jou?

Ek het nou ’n hele band en dansers ook, so ons het baie meer vryheid om ’n omvangryke show op die planke te bring. Ons toer regoor die land vir optredes.

Loer hier na nóg foto’s van Tarryn se fotosessie

Send this to a friend