6 vrae aan Andriëtte Norman

Ons vra hierdie week se voorbladster, Andriëtte Norman, ’n paar vrae

1. Wat is die mooiste eienskap van Glynn wat jy bewonder?

Sy deursettingsvermoë.

2. Wat doen jy as jy af voel?

Ek speel musiek en gaan stap ’n entjie.

3. Wat is trooskos vir jou?

Chips en kaaskoek.

4. Watter raad het jy by jou ma of pa gekry wat jy byna daagliks toepas?

Die raad wat ek gekry het, het ek nooit gevolg nie.  Maar nou besef ek alles was waar. Ek kan sê dat my pa my geleer het om eerder jou mond te hou as om te veel te sê. En my ma het my geleer liefde maak alles reg.

5. Wat is jou lewensleuse?

Om aan te hou.

6. Dis vanjaar tien jaar sedert jy op Idols was. Het jou lewenspad die afgelope paar jaar verloop soos jy gehoop het?

Ja, vir seker. Ek sal niks verander nie. Ek het baie lesse geleer. Ek sou nooit gedink het ek sal vandag wees waar ek is nie. Ek voel suksesvol.

Send this to a friend