9 vrae aan Jo-Ann Strauss

9 vrae aan die voormalige Mej. Suid-Afrika en Top Billing-aanbieder Jo-Ann Strauss

1. Wat is die beste raad wat jy oor moederskap gekry het?
Jy is die beste ma vir jou kind en ook die enigste een. Vertrou jou moederlike instink.  

2. Waarvan het jy op skool gedroom en is jou lewe nou beter as waarvoor jy ooit kon hoop?
Ek het daarvan gedroom om ’n dokter te word en nou ek het ek met een getrou. Die lewe is mooi.  

3. Waarvan droom jy vir die toekoms?
Ek droom daarvan om ander werkende ma’s te help om hulself te vind en na hulself te kyk.  

4. Raak jy nog op jou senuwees voor toesprake of voor jy optree iewers?
Altyd, ek doen asemhalingsoefeninge voor ek optree.

4. Hoe sal jy jouself in vyf woorde opsom?
Positief, ambisieus, gebalanseerd, deernisvol, snaaks.

5. Wat laat jou nekhare penorent staan?
As kinders en vroue mishandel word.

6. Wat laat jou lag?
Ek is mal oor komedie en Trevor Noah se aksente laat my altyd lekker lag. Ek kan self ’n paar aksente goed namaak, al moet ek dit nou self sê!

7. Wat is jou skuldige plesiertjie?
Ek bring hopeloos te veel tyd op Instagram deur.

8. Wat is die een sêding van jou man wat jou hart warm maak?
Hy sal altyd ek moet myself in die ander persoon se skoene stel wanneer ek oor iemand kla. Hy is ’n barmhartige man met geweldig baie begrip vir ander. Ek gaan met groot besluite in my lewe na hom, my pa en my broer.   

Send this to a friend