Brei ’n deken

Met superdik naalde en breidraad so dik soos jou vinger kan jy in ’n ommesientjie vir jou ’n deken brei

Deur CHRISTA SWANEPOEL
Foto’s ANDREA CALDWELL

Wat het jy nodig?

Vir pienk deken
6 pakke BLUE LABEL 3XL (400 g) in Dusty Pink
Vir beige deken
10 balle CHARITY MEGA CHUNKY (300 g) in Gravel
LET WEL: Vir beige deken word twee drade saam gebruik
35 mm-naalde

Grootte

Pienk deken 170 cm x 130 cm
Beige deken 200 cm x 150 cm

Aanwysings

Vir pienk deken
Stel 40 ste op en werk in ks tot breidraad op is (hou net genoeg oor om mee af te eindig). Heg af.
Vir beige deken
Met twee drade saam stel 40 ste op en werk in ks tot werk sowat 2 m lank is. Heg af.

Bestel Blue Label-breidraad by Vaal Craft teen R110 per pak. Prys sluit aflewering uit. Stuur ’n e-pos na [email protected] of [email protected] telkomsa.net en gaan na www.vaalcraft. co.za vir kleurkatalogus Die Charity-breidraad se voorgestelde verkoopprys is R72,50 per bal, maar kan van winkel tot winkel verskil

Wenke

  • Las werk op rand en nie in middel van werk nie, omdat dit moeilik wegwerk.
  • Om drade weg te werk, trek dit met dik hekelnaald deur rand van werk of ryg dit met jou vingers deur werk.
  • Die pienk breidraad is handwasbaar. Gooi ’n bietjie gliserien in die water om die vesels bymekaar te hou. Lê plat neer om droog te word
  • Beige deken is wel masjienwasbaar, maar sal moontlik te groot vir jou wasmasjien wees.

Send this to a friend