Brei ’n knooptrui vir ’n meisie | Vrouekeur

Brei ’n knooptrui vir ’n meisie

’n Patroon van ’n knooptrui wat jy vir ’n meisie van een tot tien jaar kan brei

Foto Elmarie Knapton

Deur CHRI STA SWANEPOEL

Moeilikheidsgraad: **

Wat het jy nodig?

4 (4; 6; 6; 6) balle ELLE CLASSIS WOOL

ARAN (50 g) in Camille

4 mm- en 5 mm-naalde

5 mm-sirkelnaald (indien nodig vir halsgedeelte)

5(5; 6; 6; 7) knope

steekhouers

Grootte

Pas 1–2(3–4; 5–6; 7–8; 9–10) jaar

Spanning

18 ste en 24 rye = 10 cm oor ks met 5 mmnaalde

Afkortings

aw – aweregs
dnv – draad na voor
gl1 – glip 1 steek regsgewys
herh – herhaal
r – regs,
RK(V) – regte kant (voor)
st(e) – steek (steke)
tgso – trek glipsteek oor
VK(V) – verkeerde kant voor

Patroonsteek

Veelvoud van 2, plus 1, plus 2 randsteke
1ste ry: randsteek, *aw1, r1, herh van * tot laaste 2 ste, aw1, randsteek.
2de ry: randsteek, aw1, (gl1 aweregsgewys met dnv, aw1, herh van * tot laaste st, randsteek.
3de ry: randsteek, *r1, aw1, herh van * tot laaste 2 ste, r1, randsteek.
4de ry: randsteek, gl1 aweregsgewys met dnv, *aw1, gl1 aweregsgewys met dnv, herh van * tot laaste st, randsteek.

Aanwysings

AGTERPANT

Met 4 mm-naalde stel 55(61; 65; 71; 77) ste op en werk in 1×1-rif vir 10 rye. Met 5 mm-naalde begin met patroonsteek en gaan voort tot agterpant 20(22; 25; 29; 32) cm lank is, eindig met VK-ry.
Raglanvorming Heg 3(3; 4; 4; 4) ste aan beg van vlg 2 rye af. Laat 49(55; 57; 63; 69) ste op steekhouer.

LINKERVOORPANT

Met 4 mm-naalde stel 27(29; 31; 35; 37) ste op en werk in 1×1-rif vir 10 rye. Met 5 mm-naalde gaan voort met patroonsteek tot werk 20(22; 25; 29; 32) cm lank is, eindig met VK-ry.
Raglanvorming Vlg ry: heg 3(3; 4; 4; 4) ste af, pat tot einde. 24(26; 27; 31; 33) ste.
Vlg ry: pat. Breek draad af en laat steke op steekhouer.

REGTERVOORPANT

Met 4 mm-naalde stel 27(29; 31; 35; 37) ste op en werk in 1×1-rif vir 10 rye. Met 5 mm-naalde gaan voort met patroonsteek tot werk 20(22; 25; 29; 32) cm lank is, eindig met RK-ry.
Raglanvorming Vlg ry: heg 3(3; 4; 4; 4) ste af, pat tot einde. 24(26; 27; 31; 33) ste. Breek draad af en laat steke op steekhouer.

MOUE (dieselfde)

Met 4 mm-naalde stel 33(35; 37; 39; 41) ste op en werk in 1×1-rif vir 10 rye. Met 5 mm-naalde gaan voort in patroonsteek en vmeer 1 st aan weersk van 3(7; 9; 5; 3)e en elke vlg 10(12; 14; 14; 16)e ry tot 43(45, 47, 51; 53) ste, werk vmeerste in pat in. Gaan voort sonder om te vorm tot mou 24(29; 33; 37; 41) cm lank is (of lengte verlang), eindig met VK-ry.
Raglanvorming Heg 3(3; 4; 4; 4) ste aan beg van vlg 2 rye af. 37(39; 39; 43; 45) ste. Breek draad af en laat steke op steekhouer.

BORSGEDEELTE

1ste ry: met RKV en met 5 mm-naalde, r oor regtervoorpant se 24(26; 27; 31; 33) ste, bokant van regtermou se 37(39; 39; 43; 45) ste, agterpant se 49(55; 57; 63; 69) ste, bokant van linkermou se 37(39; 39; 43; 45) ste en linkervoorpant se 24(26; 27; 31; 33) ste, TERSELFDERTYD, vmin ste soos volg:
Vir eerste grootte: 1 st elk oor voorpante en moue. 167 ste.
Vir 2de grootte: 1 st oor elke mou. 183 ste.
Vir 3de grootte: 1 st oor elke mou. 187 ste.
Vir 4de grootte: 1 st elk oor voorpante en moue. 207 ste.
Vir 5de grootte: 1 st oor elke mou. 223 ste. Werk 3 rye in ms.
5de ry: r10(5; 12; 18; 13), *r2tes, r10(8; 14; 19; 13), herh van * tot laaste 13(8; 15; 21; 15) ste, r2tes, r11(6; 13; 19; 13). 154(165; 176; 198; 209) ste. Werk 5 rye ks.
11de ry: r4, *r6, r2tes, r3, herh van * tot laaste 7 ste, r7. Werk 3 rye ms.
15de ry: r10(10; 11; 10; 12), r2tes, (r9[10; 10; 10; 13], r2tes) 5(5; 5; 6; 5) keer, r7(7; 15; 13; 13), gl1, r1, tgso, (r9[10; 10; 10; 13], gl1, r1, tgso) 5(5; 5; 6; 5) keer, r10(10; 11; 10; 12). 129(139; 149; 167; 179) ste. Werk 3 rye ks.
19de ry: r9(9; 10; 9; 11), r2tes, (r8[9; 9; 9; 12], r2tes) 5(5; 5; 6; 5) keer, r7(7; 15; 13; 13), gl1, r1, tgso, (r8[9; 9; 9; 12], gl1 rl, tgso) 5(5; 5; 6; 5) keer, r9(9; 10; 9; 11). 117(127; 137; 153; 167) ste. Werk 3 rye ks.
23ste ry: r8(8; 9; 8; 10), r2tes, (r7[8; 8; 8; 11], r2tes) 5(5; 5; 6; 5) keer, r7(7; 15; 13; 13), gl1, r1, tgso, (r7[8; 8; 8; 11], gl1, r1, tgso) 5(5; 5; 6; 5) keer, r8(8; 9; 8; 10). 105(115; 125; 139; 155) ste. Werk 1(3; 3; 3; 3) rye in ks.
Vir slegs 3de, 4de en 5de grootte 27ste ry: r(8; 7; 9), r2tes, (r[7; 7; 10], r2tes) (5; 6; 5) keer, r(15; 13; 13), gl1, rl, tgso, (r[7; 7; 10], gl1, r1, tgso) (5; 6; 5) keer, r(8; 7; 9). (113; 125; 143) ste. Werk 3 rye in ks,
Vir slegs 5de grootte 31ste ry: r8, r2tes, (r9, r2tes) 5 keer, r13, gl1, r1, tgso, (r9, gl1, rl, tgso) 5 keer, r8. 131 ste.
32ste ry: aw.
Vir al 5 groottes Halsvorming Vir slegs 1ste grootte Vlg ry: heg 3 ste af, r tot laaste 3 ste, heg 3 ste af. 99 ste.
Vir slegs 2de, 3de, 4de en 5de grootte Vlg ry: heg (3; 3; 4; 4) ste af, r(3; 3; 1; 2) r2tes, (r[7; 6; 6; 8], r2tes) (5; 5; 6; 5) keer, r(7; 15; 13; 13), gl1, r1, tgso, (r[7; 6; 6; 8], gl1, r1, tgso) (5; 5; 6; 5) keer, r(4; 4; 2; 3), heg (3; 3; 4; 4) ste af. (97; 95; 103; 111) ste.
Vir al 5 groottes Met VKV heg draad aan oorbl 99(97; 95; 103; 111) ste en gaan soos volg voort:
Vlg ry: aw2tes, aw tot laaste 2 ste, aw2tes. 97(95; 93; 101; 109) ste.
Vlg ry: gl1, r1, tgso, r1(0; 0; 5; 8), r2tes, (r6[6; 5; 5; 7], r2tes) 5(5; 5; 5; 4] keer, r7(7; 15; 13; 13], gl1, r1, tgso, (r6[6; 5; 5; 7], gl1, r1, tgso) 5(5; 5; 5; 4)keer, r1(0; 0; 5; 8), r2tes. 83(81; 79; 87; 97) ste.
Vlg ry: aw2tes, aw tot laaste 2 ste, aw2tes. 81(79; 77; 85; 95) ste.
Vlg ry: gl1, r1, tgso, r5(4; 3; 2; 5), r2tes, (r5[5; 4; 4; 6], r2tes) 4(4; 4; 5; 4) keer, r7(7; 15; 13; 13), gl1, r1, tgso, (r5[5; 4; 4; 6], gl1, r1, tgso) 4(4; 4; 5; 4) keer, r5(4; 3; 2; 5), r2tes. 69(67; 65; 71; 83) ste.
Vlg ry: aw45(44; 49; 50; 56), draai, r21(21; 33; 29; 29), draai, aw15(15; 25; 22; 22), draai, r9(9; 17; 15; 15), draai, aw tot einde van ry. 69(67; 65; 71; 83) ste. Heg af.

NEKBAND

Met RKV en 4 mm-naalde tel op en r 8 ste oor regterkant van nek, tel op en r 57(57; 59; 65; 69) ste oor hals agter, tel op en r 8 ste oor linkerkant van nek. 73(73; 75; 81; 85) ste. Werk in 1×1-rif vir 7 rye. Heg af.

REGTERVOORRAND

Met RKV en 4 mm-naalde tel op en r 7 ste oor rif, 57(65; 79; 89; 101) ste oor regtervoorkant en 7 ste oor halsrand. 71(79; 93; 103; 115) ste.
1ste ry: aw1, *r1, aw1, herh van * tot einde.
2de ry: r1. *aw1, r1, herh van * tot einde. Hierdie ry stel 1×1-rif vas.
3de ry: rif2(2; 3; 3; 2), heg 2 ste af, (rif13[15; 14; 16; 15], heg 2 ste af)4(4; 5; 5; 6) keer, rif 2.
4de ry: rif 3, stel 2 ste op, (rif14[16; 15; 17; 16], stel 2 ste op) 4(4; 5; 5; 6) keer, rif 2(2; 3; 3; 2). Werk 2 rye rif. Heg in rif af.

LINKERVOORRAND

Werk soos regtervoorrand, maar laat knoopsgate weg.

Om te voltooi

Werk sy- en mounate toe. Werk knope aan.

Send this to a friend