Brei klere vir Barbie | Vrouekeur

Brei klere vir Barbie

As jy eers agterkom hoe maklik dit is om kleertjies vir jou dogtertjie se gunstelingpop te brei, sal jy sommer aanhou

Deur CHRISTA SWANEPOEL Stilering KAREN ADENDORFF Foto’s ELMARIE KNAPTON

Wat het jy nodig?

Trui en romp: 1 bal ELLE PURE GOLD DK (100 g) in Bellamia
Moulose rokkie: 1 bal ELLE SANTOLINA DK (50 g) in Clearwater
Slooprokkie: 1 ELLE RUSTICA DK (50 g) in Iceberg 4 mm-naalde 4 mm-hekelnaald

 Afkortings

aw – aweregs don – draad om naald ks – koussteek/kettingsteek kn – kabelnaald k4a – glip volgende 2 ste op kn na agter, r2, dan r2 van kn k4v – glip volgende 2 ste op kn na voor, r2, dan r2 van kn omslag1 – glip volgende steek op regterkantste naald en neem draad na teenoorgestelde kant van werk. Glip dieselfde steek terug op linkerkantste naald r – regs r2tes – regs 2 steke tesame rVa – regs voor en agter in dieselfde steek ste – steke

Aanwysings

TRUI

Voor- en agterpant Stel 15 ste op en werk in 2×2-rif vir 2 rye. Gaan voort in ks vir 16 rye. Heg af.
Moue Stel 10 ste op en werk in 2×2-rif vir 2 rye. Gaan voort in ks vir 8 rye.
Vlg ry: rVa, r tot laaste st, rVa. 12 ste.
Vlg ry: aw. Werk in ks vir 4 rye.
Vlg ry: rVa, r tot laaste st, rVa. 14 ste.
Vlg ry: aw. Heg af. Om te voltooi Met regte kante op mekaar, werk skouers vir sowat 1 cm toe. Vou moue lengtegewys in die helfte, plaas vou op skouernaat en werk in posisie. Werk sy- en mounate toe.
WENK Brei die trui in mossteek (of enige ander patroonsteek) of in kleurstrepies vir afwisseling.

ROMP

Stel 51 ste op en werk 2 rye in ks.
Vlg ry: r1, *don, r2tes, herh van * tot einde.
Vlg ry: aw. Werk 2 rye in ks.
Vlg ry: (r15, r2tes) tot einde. 48 ste.
Vlg en elke alt ry: aw.
Vlg ry: (r14, r2tes) tot einde. 45 ste.
Vlg ry: (r13, r2tes) tot einde. 42 ste.
Vlg ry: (r12, r2tes) tot einde. 39 ste. Gaan só voort tot 18 ste. Werk in 1×1-rif vir 8 rye. Heg af.
Bandjie Hekel ’n ry ks van ongeveer 15 cm. Heg af.
Om te voltooi Met regte kante op mekaar werk naat agter toe. Ryg bandjie deur middel van rif-gedeelte.

MOULOSE ROKKIE

Stel 40 ste op en werk deurgaans in rs soos volg:
1ste ry: r oor al die ste.
2de ry: r oor al die ste.
3de ry: r30, omslag 1, draai.
4de ry: r 30 tot einde. Herh laaste 4 rye tot borsgedeelte 16 rye lank is. Heg af.
Om te voltooi Met regte kante op mekaar, werk naat agter toe.
WENK Versier die rokkie met ’n beltjie of blommetjie in die middel of op die bors.

SLOOPROKKIE

Voorpant Stel 16 ste op en brei 4 rye rs.
Vlg ry: r4, k4a, k4v, r4.
Vlg ry: aw. Herh laaste 2 rye 12 keer.
Vlg ry: aw. Heg af.
Agterpant Stel 16 ste op en brei 4 rye rs. Werk 24 rye ks. Heg af.
Moue Stel 10 ste op en werk 10 rye in rs. Heg af.
Bandjie vir agter Hekel ’n ry van sowat 30 ks.
Om te voltooi Vou mou in die helfte met aanheg- en afhegkant op mekaar en met regte kante op mekaar, werk helfte van mou bo aan vooren agterpante vas. Werk res van mou se aanheg- en afhegkante aan mekaar. Werk synate toe. Ryg bandjie van mou tot mou aan bokant van agterpant deur, trek effens in en bind vas (sien foto).

Wenke
Jy kan kabel ook op agterpant inbrei, dan is bandjie nie nodig nie. Brei die slooprokkie in verskillende patroonsteke en lengtes.

KOPBAND

Stel 4 ste op en werk 22 rye rs. Heg af.
Om te voltooi Werk kort kante aan mekaar.

Send this to a friend