Het jy dié teken van Alzheimersiekte?

Alzheimersiekte het ’n paar waarskuwingstekens en een daarvan het met sig te make

Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN

Dis een van daardie siektes wat mens vrees. Niemand wil immers ooit op jou punt kom wat jy nie meer jou geliefdes of selfs jou eie naam kan onthou nie …

Daarom word mense vandag toenemend op die waarskuwingstekens van hierdie vernietigende siekte attent gemaak. Dis die algemeenste tipe van demensie en daar word geglo dat dit word deur ‘n abnormale opbou van proteïene in die brein veroorsaak.

‘n Artikel op die webwerf Express.co.uk sê die algemene simptome van alzheimersiekte is gewigsverlies, geheueverlies, gemoedsveranderinge en dan is daar ook nog een waarvan almal nie bewus is nie. Dit is as jy ewe skielik sukkel om sekere kleure te identifiseer.

Volgens die webwerf Alzheimers.net kan ‘n gesukkel om kleure of kontraste te identifiseer, ‘n vroeë waarskuwingsteken van hierdie siekte wees.

Party mense kan selfs sukkel om afstand te skat, wat lees of bestuur moeilik kan maak. As jy visieprobleme ondervind, is dit belangrik om ‘n dokter te sien. 

Nog simptome is as mens sukkel om besluite te neem of vergeet hoe om roetinetake te doen, soos om ‘n sekere maaltyd te kook of hoe om na ‘n bekende plek te ry.

BRON: https://www.express.co.uk/life-style/health/1105715/alzheimers-disease-symptoms-dementia-early-signs-eye

Send this to a friend