Is sout regtig so sleg vir ons? | Vrouekeur

Is sout regtig so sleg vir ons?

Al wat ‘n gesondheidsveldtog is, waarsku ons teen die gevaar van sout. Maar hoeveel is oukei en hoeveel nie … Nuwe navorsing hoop om die antwoord te gee

Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN

‘n Omstrede nuwe studie se vir die meeste mense is die hoeveelheid sout wat hulle eet glad nie skadelik nie.

Die Britse Daily Mail berig dat gesondheidsriglyne in Amerika en Brittanje spesifiseer dat meer as 0,75 g ‘n dag jou risiko vir ‘n hartaanval laat toeneem.

Maar ‘n nuwe studie deur die McMaster-universiteit in Ontario, Kanada, se enigiets minder as twee en ‘n half teelepels per dag (5 g) is veilig. Dit is standaard vir die meeste mense.

Diegene wat te veel sout eet, kan dit glo uitbalanseer met vrugte, groente en ander kos wat ryk aan kalium is. Volgens die navorsingspan is gesondheidsveldtogte wat mense teen sout waarsku, nodig in lande soos China waar mense souterige kos eet, maar onnodig in die meeste Europese lande.

Daar is geen beduidende getuienis dat mense met matige of gemiddelde natriuminname nodig het om hul soutinname te verminder vir die voorkoming van hartsiekte en beroerte nie. Die studie deur die Bevolkingsgesondheidsnavorsingsinstituut van die McMaster-universiteit het nagenoeg 94 000 mense in 18 lande ingesluit. Die ouderdom was 35 tot 70 jaar. In die studie is daar bevind dat as daar ‘n geassosieerde risiko van kardiovaskulêre siekte of beroertes was, was die gemiddelde inname meer as 5 g van natrium per dag. Diegene wat meer as 7 g per dag ingeneem het, het ‘n verhoogde risiko van kardiovaskulêre siektes gehad in mense met hoe bloeddruk. Die studie het ook bevind dat mense wat baie sout eet die negatiewe effek kan verminder as hulle hul dieet verbeter deur vrugte, groente, suiwelkosse, aartappels en ander kaliumryke kos te eet.

Hierdie artikel was eerste gesien op Daily Mail. Klik hier vir die artikel

Send this to a friend