Natuurlike kure vir angstigheid

Die lewe is gejaag en daar is baie stressors wat ’n mens erg angstig kan maak. Ons kyk na ’n paar natuurlike metodes wat kan help

Deur ZERELDA ESTERHUIZEN

  • Gereelde oefening pomp jou liggaam vol endorfiene. Gaan gim toe of kies ‘n oefenmetode wat vir jou werk.
  • Drink ‘n koppie kamilletee.
  • ‘n Warm bad laat die liggaam se temperatuur styg en dit gee ‘n kalmerende effek.
  • Laventel-aromatiese olie het ook ‘n kalmerende effek. Drup dit op jou kussing of op ‘n lappie en geniet die geur.
  • Fokus op jou asemhaling. Haal diep asem.
  • Volg ‘n gebalanseerde dieet en vermy suikerige en geprosesseerde kos. Eet baie groen groentes en drink genoeg water.
  • Kyk na aanvullings van B-kompleks, magnesium en omega-3.
  • Kom in die son. Loop kaalvoet oor die gras en probeer om minstens ‘n kwartier per dag in die son te wees.
  • Destres jou lewe. Probeer aandagtigheid. Leef bewustelik.
  • Gaan stap gereeld en bestee tyd in die natuur.
  • As jy angstig raak, stuur jou brein in ‘n ander rigting as jou paniek. Tel byvoorbeeld agteruit of in dries.
  • Kry genoeg rus in.

Send this to a friend