Hoe bespaar ons brandstof?! | Vrouekeur

Hoe bespaar ons brandstof?!

Die brandstofprys is nou belaglik hoog. Ons het ’n paar wenke opgespoor om brandstof te bespaar …

Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN

Die Automobiel-Assosiasie van Suid-Afrika gee die volgende wenke:

  • Gaan jou banddruk na. Bande wat korrek gepomp is, kan 3,3% meer kilometers per liter beteken.
  • Laat jou voertuig diens. Dit sal jou voertuig se doeltreffendheid verhoog.
  • Moenie die petrol te diep intrap nie, want dit laat jou meer brandstof gebruik. Wees versigtig om nie te vinnig rem en petrol te trap nie.
  • Fietsrakke en dakhouers laat jou voertuig swaarder trek en moet verwyder word as dit nie gebruik word nie.
  • Moenie te swaar goed in jou kattebak hou nie. Die ekstra gewig kan tot swaarder brandstofverbruik lei.
  • Beplan jou motorritte en dink hoeveel keer jy stop.
  • Ry stadiger – moenie jaag nie.

Lees ook: VIDEO: Petroljoggies verras motoriste met ‘n flash mob

Dis nie waar nie!

Volgens die AA is die volgende mites.

1. Dis beter om petrol in te gooi as dit koud is.

Hoewel kouer vloeistof digter is, word vulstasies se brandstof ondergronds gehou waar dit teen temperatuurveranderings geïsoleer is.

2. Om afdraande in neutraal te ry, spaar brandstof.

Nee, jou enjin gebruik net soveel brandstof om aan die gang te bly as wanneer dit by ‘n verkeerslig luier.

3 Om jou voertuig by ‘n verkeerslig in neutraal te sit bespaar brandstof.

Danksy gerekenariseerde brandstofstelsels, tel die sensors op wanneer die enjin luier en skakel die brandstofinspuiting af, selfs al is dit in rat.

4. Dis beter vir brandstofverbruik om ‘n motor te laat opwarm.

Vandag se brandstofstelsels gee gas sodra die voertuig aangesit is en dus is dit beter om die enjin te laat opwarm terwyl jy ry.

Leserswenke

Gert Erasmus: Sit die lugversorger af as dit nie regtig nodig is nie.

Hermien Grobler: Gebruik openbare vervoer as jy kan of kyk na ryklubs.

Liesbet Botha: Petrol verdamp in hitte, parkeer altyd in die skaduwee.

Christa van Rensburg: Hou jou vensters toe as jy ry, want selfs dit kan jou meer brandstof laat verbruik.

Danan Wessels: Gooi 93- in plaas van 95-petrol in. Dit is goedkoper!

BRON: www.aa.co.za

Send this to a friend