10+ verhoudingswenke

Verhoudings is nie maklik nie en huwelike wat jare en jare hou, word skaarser as hoendertande. Ons het ‘n paar wenke opgespoor wat kan help

Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN

  1. Laat jou geliefde geliefd voel. Sê dit wat jy voel.
  2. Luister sonder om in die rede te val.
  3. Bly jou eie mens en geniet afsonderlike stokperdjies en belange.
  4. Sê jammer en aanvaar ‘n verskoning. Laat gaan. Los die ou koeie waar hulle hoort.
  5. Wees goed vir jouself en versorg jouself.
  6. Kommunikeer soos ‘n volwassene. G’n stilstuipe!
  7. Moenie knaend wees nie. Vra iets mooi en doen dit self as jy kan.
  8. Moenie dat jaloesie ‘n probleem word nie.
  9. Gee jou maat gereeld komplimente. Moenie mekaar afbreek nie.
  10. Verlig mekaar se las. Paartjies help mekaar en is daar vir mekaar.
  11. Sê dankie en wys jou waardering.
  12. Hou dinge vars op die liefdesfront!

Hierdie artikel het eerste op paperandlace.com verskyn. Klik hier om dit te lees

Send this to a friend