Mense met integriteit

Wat het mense met integriteit in gemeen? Hier is 10 kenmerke

Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN

1 Hulle is eerlik

Hulle weet dat eerlikheid een van die belangrikste eienskappe is en leef hul lewe volgens hierdie beginsels.

2 Hulle is opreg

Geen valsheid word by hierdie mense bespeur nie. As hulle iets sê kan jy maar weet hulle bedoel dit.

3 Hulle het waardering vir mense

As iemand iets vir hulle gedoen of beteken het, dan word dit erken. Hulle vat ook nie krediet vir ander mense se harde werk nie.

LEES OOK: 10 gewoontes van gelukkige mense

4 Hulle het respek vir ander mense se tyd

As jy tyd saam met hierdie mense deurbring, sal hulle jou daarvoor bedank en jou nie onnodig ophou nie.

5 Hulle misbruik mense nie

Hulle bou mense eerder op as wat hulle mense afbreek.

6 Hulle hanteer konflik beskaafd

Hulle is diplomaties en sal nie oor kleinighede argumenteer nie. Hulle respekteer ander mense se sienings en breek nie mense af as hulle nie saamstem nie.

7 Hulle is op ander mense se gevoelens ingestel

Hulle het intuïsie en weet as iets met iemand skort. Hulle sal mense probeer opbeur en positief probeer wees.

8 Hulle weet hoe om jammer te sê

As hulle iets verkeerd doen, sal hulle nie huiwer om hul fout te erken nie en probeer om dit op te los.

9 Hulle is nederig

Hoewel hierdie mense goed vir ander is of in hul veld presteer, sal hulle nooit daarmee te koop loop nie.

10 Hulle doen goed waar hulle kan

Dis vir hulle lekker om mense te help en hulle weet ‘n goeie daad en ‘n mooi woord kan iemand se lewe verander.

Bron: http://awarenessact.com

Send this to a friend