Word jy beïnvloed deur jou oer-intelligensie? | Vrouekeur

Word jy beïnvloed deur jou oer-intelligensie?

Die mens se brein is ʼn misterie. Word jy beïnvloed deur jou oer-intelligensie. Beantwoord die onderstaande vraelys om uit te vind:

Die mens se brein is ʼn misterie. Deel van die misterie is oer-intelligensie, die deel van jou brein wat primitief is en die oorhand het as jou emosies hande uit ruk. Word jy beïnvloed deur jou oer-intelligensie. Beantwoord die onderstaande vraelys om uit te vind:

  • Gee jy jou oor aan emosionele uitbarstings?
  • Sukkel jy om jou woede te bestuur?
  • Oorheers vrees jou lewe?
  • Sukkel jy om rustig te raak?
  • Sukkel jy om jou emosies te identifiseer?
  • Word jy oorweldig deur jou emosionele wroeginge?
  • Sukkel jy om logies en rasioneel te dink as gevaar dreig?
  • Verloor jy jou humeur maklik?
  • Tree jy gereeld impulsief op?
  • Sukkel jy om te verstaan hoekom jy optree soos jy optree?
  • Leef jy seksueel permissief?
  • Gaan jy onbeheersd aan die koop?
  • Sukkel jy met obsessief-kompulsiewe gedrag?
  • Word jy deur emosies eerder as rasionele denke begeer?
  • Word jy oorweldig deur situasies wat vir jou vreesaanjaend is?
  • Tree jy dikwels irrasioneel op?
  • Verloor jy jou humeur op sosiale media?

Indien jou antwoorde op bogenoemde vrae meesal “ja” is, word jy heel waarskynlik beïnvloed deur jou oer-intelligensie. Probeer rustig raak en dink hoekom jy optree soos jy optree. Probeer om rasioneel en logies te redeneer. Bestuur jou emosies en jou humeur. Dis alles in jou hande, want jy hou die sleutel wat jou oer-intelligensie ontsluit. Oorweeg dit om ʼn sielkundige of lewensafrigter te sien as jy sukkel. ʼn Objektiewe persoon kan jou help om bewus te word van dit wat jou onbewustelik dryf en beheer. So kan jy jou blindekolle identifiseer en weer beheer neem …

Send this to a friend