Het jou huwelik onherstelbaar verbrokkel?

Is jy in ‘n ongelukkige huwelik vasgevang? Wonder jy of jy moet skei?

Lees gerus in die week se Vrouekeur meer oor onherstelbare verbrokkeling in die huwelik. Beantwoord die onderstaande vraelys om uit te vind of jou huwelik onherstelbaar verbrokkel het.

  • Is alle vertroue tussen julle vernietig?
  • Het jy of jou maat mekaar verkul en kan julle mekaar nie vergewe nie?
  • Sukkel julle om openlik te kommunikeer?
  • Het julle belangstelling verloor om aan jul huwelik te werk?
  • Glo julle dat jul huwelik onherstelbaar verbrokkel het?
  • Het julle alle hoop verloor om jul huwelik te herstel?
  • Sukkel julle om mekaar te vergewe vir jul foute?
  • Is daar opgeboude wrokkigheid en antagonisme tussen julle?
  • Loop julle met opgekropte gevoelens van woede?
  • Is daar ‘n muur tussen julle?
  • Is een of albei van julle onwillig om vir huweliksberading te gaan?
  • Sukkel julle om oor jul probleme te praat?
  • Voel julle dat alles tussen julle verwoes is?
  • Is daar soveel seer tussen julle dat dit onmoontlik is om daaroor te praat?
  • Haat julle mekaar en is alle liefde tussen julle vernietig?

Indien jou antwoorde op bogenoemde vrae meesal “ja” is, het jul huwelik moontlik onherstelbaar verbrokkel. Besluit of julle kans sien om voort te gaan en skenk ernstige oorweging aan huweliksberading. Onthou as julle voel alles is verby en julle sien nie meer kans nie, dan is dit verby.

 

 

 

 

 

Send this to a friend