Is jy ʼn smartvraat? | Vrouekeur

Is jy ʼn smartvraat?


Empatie is ʼn vaardigheid wat verhoudings bou. Dit stel mense in staat om daar te wees vir mekaar. Tog kan empatie, maklik ontaard in iets waar mense hulle vergryp aan nood en in die proses emosionele skade ly.

Is jy ʼn smartvraat?

Beantwoord die onderstaande vraelys om uit te vind:

  • Leef jy jou oormatig in ander se probleme in?
  • Sukkel jy om objektief te bly ten opsigte van ander se pyn en seer?
  • Voel jy oorweldig deur die pyn en lyding in die wêreld?
  • Glo jy dat jy verantwoordelik is om die wêreld en ander se probleme op te los?
  • Staar jy jou blind teen die probleme in die wêreld en sien geen lig nie?
  • Loop jy met pyn en hartseer weens ander se nood?
  • Voel jy dat mense misbruik maak van jou vermoë om te simpatiseer?
  • Stel jy jou eie behoeftes tweede ter wille van ander mense?
  • Is jy afhanklik van ander se pyn om emosioneel te oorleef?
  • Ly jy aan slaaploosheid of stres as gevolg van ander se probleme?
  • Ervaar jy sielkundige ongemak as gevolg van ander se probleme?

As jou antwoorde op bogenoemde vrae meestal “ja” is, is jy dalk ʼn smartvraat. Oppas, jy kan uitbrand! Jy kan nie die wêreld se probleme oplos nie. Jy kan ook nie namens ander mense verantwoordelikheid aanvaar nie. Handhaaf jou persoonlike grense en leef binne jou eie ruimte. Jy kan net soveel doen om ander te help. Aanvaar jou beperkinge. Die lewe is kort en dis belangrik om die beste daarvan te maak. As jy sukkel om afstand te kry, oorweeg professionele hulp. ʼn Berader of sielkundige kan jou help om perspektief te kry en weer ʼn balans te vind. Gee dit ʼn kans voordat jy ʼn te duur prys betaal.

Send this to a friend