Soetrissiepesto

Het jy al ooit probeer om pesto te maak? Gebruik die maklike resep!

4 porsies

Bestanddele

2 groot rooi soetrissies
410 g (1 blik) cannelini-bone, gedreineer
bietjie olie
sout
5 ml (1 t) gemaalde koljander
5 ml (1 t) gemaalde komyn
1 knoffelhuisie
1–2 vars rooi brandrissies
15 ml (1 e) vars suurlemoensap
skil van 1 suurlemoen
45 ml (3 e) olyfolie
sout en peper

Metode

Stel oond op 200 ˚C.

  1. Verf soetrissies met olie en sprinkel goed met sout. Plaas op bakplaat en rooster vir 20 minute. Draai elke nou en dan om.
  2. Haal soetrissies uit oond en plaas in plastieksakkie. Laat afkoel. Skil en ontpit.
  3. Plaas al die bestanddele in voedselverwerker en verwerk tot gladde pasta.
  4. Geur met sout en peper.
  5. Sit saam met vars brood soos baguette voor.

Send this to a friend