Kan kitskosadvertensies jou meer laat eet? | Vrouekeur

Kan kitskosadvertensies jou meer laat eet?

Navorsing onder jong mense in Brittanje het interessante bevindings getoon

Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN

Jong mense wat meer gemorskosadvertensie per week sien, neem ‘n ekstra 18 000 kalorieë per jaar in.
Dit is aldus navorsing deur Cancer Research UK. Volgens die opname het tieners gemiddeld in een week minstens ses TV-advertensies onthou wat ongesonde kos soos dié hoog in vet, suiker of sout geadverteer het.

Diegene wat egter sewe advertensies onthou het, het ook meer ongesonde eetpatrone gehad.

Die webwerf https://news.sky.com berig dat ‘n totaal van 3 348 mense tussen die ouderdomme van 11 en 19 aan die opname deelgeneem het.

Die navorsing is juis gedoen weens kommer oor die verband tussen gemorskosadvertensies en die obesiteitsprobleem in Brittanje.

Navorsers sê die resultate is ‘n verdere aanduiding dat bemarking jong mense na skadelike langtermyn-gewigstoename kan lei.

‘n Vorige studie deur Cancer Research UK het ook gevind dat oorgewig tieners gemiddeld 26 uur TV per week gekyk het terwyl jong mense met ‘n gesonde gewig gemiddeld 20 uur per week gekyk het. Dit beteken ook dat oorgewig deelnemers meer advertensies vir ongesonde kos sou sien.

BRON: https://news.sky.com

Send this to a friend