Koester jouself

Een van die gonswoorde vandag is ‘selfsorg’, maar wat doen jy om vir jouself te sorg?

Selfsorg gaan oor meer as om ‘n stuk tjoklit vir jouself weg te steek voor die kinders dit gaps of om Carte Blanche op ‘n Sondagaand met ‘n gesigmasker aan te sit en kyk. Dit gaan daaroor om regtig goed vir jouself te wees en tyd aan jouself te bestee.

Ons het ’n lysie van selfsorgidees opgespoor:

  1. Mediteer of word stil. Kry alleentyd.
  2. Gaan oefen of doen joga.
  3. Gaan stap iewers in die natuur.
  4. Maak ‘n lysie van als waarvan jy van jouself hou.
  5. Wees dankbaar.
  6. Kyk hoe die son sak of opkom.
  7. Kry vir jou positiewe aanhalings en herhaal dit vir jouself.
  8. Sit op die stoep en drink ‘n glas wyn en gesels met ‘n geliefde.
  9. Lees ‘n boek wat jou opkikker.
  10. Bevogtig jou vel.
  11. Gaan fliek.
  12. Beoefen asemhalingstegnieke.
  13. Kikker jou voorkoms op.
  14. Sit vir jou ontspannende musiek op.
  15. Kleur in of skrabbel.
  16. Beoefen jou stokperdjie.
  17. Doen liggaamstrekke.
  18. Bring tyd saam met diere deur.
  19. Sit kerse aan.
  20. Kyk na ‘n motiverende praatjie.
  21. Kuier saam met vriende.
  22. Stel ‘n doelwit waarna jy kan uitsien.
  23. Skryf neer wat positief in jou lewe is.
  24. Doen ‘n digitale detoks vir ‘n dag.
  25. Skep vir jou ‘n Pinterest-bord met alles waarvoor jy lief is.

Send this to a friend