Ma’s wat uitbrand

ma moeg

Jy’s doodmoeg, moedeloos, en kan nie meer een voet voor die ander sit nie. Wat maak ’n mens?

Katrina Alcorn, skrywer van die boek Maxed out: American Moms on the Brink was ‘n 37-jarige ma, met ‘n gelukkige huwelik en ‘n suksesvolle beroep toe sy net op ‘n dag ‘n ineenstorting gekry het. Sy het die vermoë verloor om die stres van die mededingende eise in haar lewe te bestuur. Haar sorgvuldig opgeboude loopbaan het skielik tot stilstand gekom, en haar reis deur depressie, angs, en slapeloosheid, gevolg deur medikasie, meditasie, en-terapie het begin.

LEES OOK: 50+ stressimptome

Sy het gewonder hoe ‘n vrou soos sy, met ‘n liefdevolle man, ‘n ondersteunende baas, drie gesonde kinders en ‘n goeie inkomste, nie in staat was om die eise van ‘n loopbaan en ‘n gesin te kon hanteer nie.  Oor tyd, het sy egter besef dat sy nie alleen was nie en dat daar baie vroue was wat gesukkel het om alles te hanteer en gevoel het of hul dus misluk as gevolg daarvan.

“Die verskil tussen uitbranding en depressie is die konteks, sê Janine Shamos, ‘n kommunikasiespesialis en transformasie-afrigter.

Depressie is oor die algemeen konteks-vry (daar is geen enkele aspek wat verwyder kan word, sodat die depressie kan weggaan nie). Met uitbranding is daar ‘n besliste verband – werk-en familiedruk wat te veel word/meer word/verder uitbrei as ‘n persoon se hanteringsmeganismes.

“Studies het getoon dat mense wat meer geneig is tot depressie, dikwels meer kwesbaar is vir uitbranding; en uitbranding kan ‘n voorteken/voorspeller van depressie wees, sê sy.

LEES OOK: Altyd moeg? Ons weet dalk hoekom

“Een in 10 mense ly op ‘n sekere punt in hul lewe aan depressie, maar slegs ‘n kwart kry hulp daarvoor. Ons weet dat depressie twee keer so algemeen by vroue van vrugbare leeftyd is as by mans. Die verhouding is twee tot een, en dit geld vir alle etniese en sosio-ekonomiese verdelings/groepe.

Janine se raad vir ma’s wat uitgebrand voel:

“As jy op die randjie van uitbranding voel, moet jy ‘n manier probeer vind om vir jouself te sorg/jouself te help op enige manier/wyse wat nodig is.  Janine vertel dat sy onlangs gehoor het van ‘n ma wat vir ‘n maand weg van haar gesin gaan vakansie hou het.  Sy het gevoel dat sy haarself heeltemal uit die situasie moes verwyder en by vriende vir ‘n maand gaan bly het om tot verhaal te kom.  Vind ‘n wyse om jou saak te stel/vir jouself op te staan/ by die werk. Vra vir dit wat jy nodig het, of dit nou ‘n dag per week is wat jy van die huis af werk of onderhandel vir ‘n meer buigsame skedule. Jy moet vir jouself opstaan, want niemand gaan dit vir jou doen nie.

Kry hulp:

Mense kan SADAG sewe dae ‘n week bel 08:00-08:00 by 0800 21 22 23 of besoek www.sadag.org. Of besoek ‘n algemene praktisyn wat jy vertrou en jou geskiedenis en spanning/druk wat jy ondervind ken.  Vir sommige mense kan dit help om iets vir jouself te te doen soos byvoorbeeld aan te sluit by ‘n boekklub, ‘n oormaaksessie te laat doen of om aan te sluit by ‘n ondersteuningsgroep.

Kontak Janine:  082 338 9666 of besoek www.bravetransitioncoaching.wordpress.com Twitter @JanineShamos

Addisionele bron:  http://www.workingmomsbreak.com/get-the-book/

 

 

Send this to a friend