 Daar is dinge wat jy dalk onwetend doen wat jou lewe net meer chaoties en moeilik maak. Ons het ’n klompie opgespoor
Daar is dinge wat jy dalk onwetend doen wat jou lewe net meer chaoties en moeilik maak. Ons het ’n klompie opgespoor
Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN
- Jy skryf nie alles neer wat jy moet doen nie en voel dan totaal en al buite beheer as jy die balle laat val.
- Jy het geen plan of skedule nie.
- Jy het nie oggendrituele nie.
- Jy kyk nie na jouself en jou behoeftes nie.
- Jy het geen grense vir sosiale media, gesinstyd en persoonlike tyd nie.
- Jy stel nie vir jouself persoonlike doelwitte nie. Waarheen is jy op pad? Jy weet nie.
- Jy prioritiseer nie.
- Jy beperk nie afleidings nie. Jy vat hier en vat daar.
- Jy stel uit en uit …
- Jy vat te veel take of projekte aan.
- Jy hou daarvan om besig te lyk, maar eintlik sukkel jy om als gedoen te kry.
- Jy weet nie hoe om nee te sê nie.
- Jy vat nie genoeg blaaskanse nie.
- Jy doen ‘n paar dinge op een slag en dink dis wonderlik dat jy so kan multi-task.
- Jy het te veel lysies en skedules en kry dit nie gebalanseer nie.
- Jou werksplek en huis is so vol klotter dat jy sukkel om te fokus.
- Klik hier vir wenke om superproduktief te wees
Lees meer op www.classycareergirl.com en www.mindtools.com







