Cape Town Art Fair

Art_Fair

Die werk van Marcin Owczarek van Pole, het ’n baie duidelike, ontstellende boodskap gehad

Die vyfde jaarlikse Cape Town Art Fair (CTAF) is die afgelope naweek in die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum gehou. Dit word gereken as Afrika se voorste kunsuitstalling en verteenwoordig kuns van Suid-Afrika, Afrika en lande soos Italië, Duitsland en Engeland

Woorde en foto’s: Maryke Roberts

Die uitstalling staan onder leiding van die pas aangestelde feeskurator, Tumelo Mosaka.

Die uitstalling bring meer as 80 galerye van regoor die wêreld byeen. Die werke van honderde kunstenaars is vertoon aan die duisende mense wat die drie-dag fees bygewoon het.

Behalwe die kunswerke, kunspraatjies en begeleide kunstoere, was daar ook vanjaar vir die eerste maal onder die Unframed-afdeling reuse uitstallings soos werke van Mary Sibande en nuwe media installasies.

Besoekers kon ook na oorspronklike werke van ou meesters soos Marc Chagall en Salvador Dali kyk.

Art_Fair2

Daar was verskeie William Kentridge-werke in verskeie mediums te sien

Art_Fair5

“Were I of your flock” deur Alex Emsley

Art_Fair6

Vanjaar het die uitstalling ook verskeie groot beeldhouwerke en lewensgroot kunswerke ingesluit

 

Send this to a friend