Klop middel-van-die-jaar-moegheid | Vrouekeur

Klop middel-van-die-jaar-moegheid

klop_midde_jaar_moegheid

Breek weg met die regte vakansiepakket om ooreising te voorkom

Sean Hough

As jaloesie jou beetpak elke keer as jy op Facebook sien hoe vriende en familie mengeldrankies op strande drink of avontuurlike reise onderneem, is dit tyd om van jou lessenaar weg te breek en jouself met ‘n vakansie te beloon. Só sê Sean Hough, uitvoerende hoof van die vakansiepakketkenners Pentravel.

Hier is sy wenke oor waarheen om te reis:

Welkom in Thailand

Voordat jy skrik oor hoe duur internasionale reise is, is dit belangrik om te onthou dat die wisselkoers-pendulum in hierdie geval in die rand se guns swaai. As jy ‘n proaktiewe beplanner is, kan jy nóg meer geld spaar deur vooraf te bespreek vir ‘n omvattende pakket waar jy vir vier nagte betaal maar eintlik vir agt bly. Hierdie land bied ‘n groot verskeidenheid natuurlike en kulturele ervarings. Jy kan geskiedkundige tempels besoek, in die pragtige woude stap, jouself met ‘n tradisionele Thai-massering bederf, die strate met hul kenmerkende atmosfeer verken, en die plaaslike disse uitprobeer.


Het jy ‘n goeie dosis avontuur nodig? Kies koers in ‘n oostelike rigting

As jy nie van nature vooruit beplan nie en eerder van spontane voorstelle hou, gryp jou paspoort en bespreek vir jou ‘n pakketvakansie sonder sukkel na jou gunstelingplek in Europa. Die romantiese prentjies van Toskane die reisgogga in jou wakker maak, moet jy steeds realisties wees. Dit kan ‘n uitdaging wees om alleen in ‘n vreemde land te toer of met ‘n motor aan die ander kant van die pad te ry.

“As jy moeg is en jou energievlakke is laag, kan jy oorweldig word deur alles wat gepaardgaan met motorhuur, ordentlike verblyf soek en rigting vind in land waarin hulle ‘n vreemde taal praat. Maar as jy kies om op ‘n toer te gaan, hoef jy net jou vinger te lig om foto’s te neem,” sê Sean.


‘n Strandvakansie op sy beste

Daar is ‘n droombestemming wat net vier uur ver is en geen visums benodig nie. Hallo Mauritius.

Dié eiland bied ‘n groot verskeidenheid aktiwiteite wat dit maklik maak om jou iPad te verruil vir buitelug-avonture saam met jou gesin. Met ongerepte strande, goeie vermaak en oorgenoeg winkelstraatjies is dit geen wonder dat al hoe meer gesinne in die Junie-Julie-vakansie koers kies na hierdie tropiese eiland nie. Mauritius is ook ‘n paradys vir gholfspelers, watersport-entoesiaste en natuurliefhebbers.

Local is lekker

Wegbreek hoef nie altyd bagasie en beamptes op lughawens te beteken nie. As Suid-Afrikaners kan ons kies en keur uit al die plaaslike bestemmings hier op ons drumpel. Suid-Afrika se portefeulje van plaaslike vakansiebestemmings beteken minder reistyd en meer rustyd. Ontspan met ‘n kaasbord en Chenin Blanc op die grasperke van die Spier Hotel in die wynlande buite Stellenbosch. Of geniet ‘n middagtee en die warm see by die Red Carnation se Oyster Box in Umhlanga. Daar is talle pakkette wat bekend is vir puik kos en wyn, luukse verblyf, ‘n verskeidenheid ontspanningsaktiwiteite en ongelooflike natuurskoon, en wat jou die geleentheid gee om in ‘n rustige omgee-atmosfeer van al jou stres ontslae te raak.

“Ongeag of jy op jou eie wil reis of saam met vriende of familie wil toer, ‘n wegbreekvakansie van ‘n paar dae of weke in die middel van die jaar is al wat jy nodig het om te herlaai sodat jy die tweede helfte van die jaar met nuwe ywer kan aanpak. En wanneer jy terugkeer, kan jy die dae begin aftel tot die somer begin!” sê Sean.

Besoek www.pentravel.co.za vir plaaslike en internasionale vakansiepakkette.

Send this to a friend