Top kunstenaars skop die feesseisoen af met SPAR Carols by Candlelight met Jacaranda FM | Vrouekeur

Top kunstenaars skop die feesseisoen af met SPAR Carols by Candlelight met Jacaranda FM

SPAR Carols by Candlelight met Jacaranda FM, die hoogtepunt van Gauteng se feesseisoen-kalender – met ‘n lys van SA se top kunstenaars – sal vanjaar op die 8ste Desember by St Stithians College in Johannesburg en op die 11de Desember 2018 by Loftus Versfeld plaasvind.

Connell Cruise, Craig Lucas, Paxton, Swing City, Claire Johnston, Rubber Duc, Roan Ash en die Ndlovu Youth Choir sal die feestyd-vreugde na St. Stithians bring, terwyl Jo Black, Karen Zoid, Kurt Darren, Charlize Berg, Nadine en Nianell saam met Swing City en die Ndlovu Youth Choir die Kersfeesklanke oor Loftus sal laat weerklink.

Jacaranda FM se aanbieders sal die geleentheid saam vier en regstreeks vanaf beide geleenthede uitsaai.

Hierdie jaarlikse instelling, wat ‘n treffer vir baie gesinne regoor Gauteng en naburige provinsies geword het, is sonder twyfel die beste manier om die feesseisoen amptelik af te skop!

Die kinder-vermaakterrein, wat met trots deur hoofborg SPAR aangebied word, sal die kleingoed laat oorloop van vreugde met speelarea’s, speletjies, handwerk, rolprente en meer!

Toegang is gratis, maar om die liefde wyd te deel tot waar dit die nodigste is, word diegene wat Carols by Candlelight bywoon aangemoedig om ‘n speelding te skenk wat aan uitgesoekte liefdadigheidsorganisasies geskenk sal word.

Kerse sal ook te koop wees teen R30, liedboekies teen R10 en ‘n kers-en-liedboekie pakket teen R35. Alle opbrengste sal aan Jacaranda FM Good Morning Angels toegeken word.

Hekke by beide geleenthede open om 16h00 en verrigtinge begin om 19h00 – 21h00.

Verskaf deur I Heart PR vir Jacaranda FM

Send this to a friend