Aartappelpoffertjies

Maak hierdie lekker aartappelpoffertjies as ’n happie of bykos

4 porsies

Bestanddele

2 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
3 groot eiers
250 ml (1 k) Cheddarkaas, gerasper
sout en peper

Metode

Stel oond op 180 ˚C.

  1. Kook aartappels tot sag, dreineer en maak baie fyn met aartappeldrukker.
  2. Klits eiers tot liggeel en dikker. Meng aartappels, kaas, sout en peper met eiers.
  3. Skep eetlepels van aartappelmengsel op gesmeerde bakplaat en bak vir 20 min of tot goudbruin.

Send this to a friend