Vinnige ratatouille

Hierdie ratatouille is ideaal vir vleislose Maandag en maklik om te maak!

4 porsies

Bestanddele

150 g (½ bottel) tamatiepastasous
1 ui, in halfmaanskyfies gesny
1 pakkie murgpampoentjies
1 pakkie vlapampoentjies
1 groot eiervrug
sout en peper

Metode

Stel oond op 180 ˚C.

  1. Gooi pastasous in oondbak.
  2. Sny ui, murgpampoentjies, vlapampoentjies en eiervrug in dun skyfies.
  3. Rangskik groente oor pastasous en sprinkel met sout en peper.
  4. Maak toe met foelie en bak vir 25 minute of tot groente gaar is.

Send this to a friend