Anien se biefburger met oondgeroosterde patat

Anien le Roux “help” al vandag sy kan onthou in die kombuis. Sy deel hier een van haar resepte

Bedien 6  

Bestanddele

BURGER

600 g beesmaalvleis sonder vet

100 g gerookte spek, gebraai en fyngesny

100 g droë broodkrummels

1 knoffelhuisie, fyngedruk

2 t tamatiesous

1 t vrugteblatjang

1 eier, liggies geklits

’n handvol koljander, fyngekap

1/2 klein ui, fyngekap

sout en peper na smaak

olyfolie vir braai

SOETPATAT

400 g gekookte, afgekoelde soet patat

50 g gesoute botter

100 ml esdoringstroop

Sout en peper na smaak

ROLLETJIES

125 g Portabilini-sampioene, gesny en pangebraai

125 g gesoute botter

sout en peper na smaak

 Metode

  1. Burger Meng bestanddele.
  2. Maak ses hamburgerfrikkadelle wat so groot soos jou broodrolletjies is.
  3. Verhit olyfolie en bak frikkadel vir 5-6 minute aan kant en draai net een maal om.
  4. Soetpatat Sny soetpatat in dik snye en pak in oondbak. Gooi botter, stroop, sout en peper oor en bak tot goudbruin.
  5. Rolletjies Meng sampioene, botter en sout saam tot glad. Sny rolletjies middeldeur en smeer dik met bottermengsel. Rooster in oond of oor kole tot hulle lekker krakerig is.
  6. Pak bieffrikkadel met soetpatat op geroosterde rolletjie en drup van warm esdoringstroop daaroor voor jy boonste helfte van rolletjie opsit.

Send this to a friend