Pynappel-en-patat-muffins | Vrouekeur

Pynappel-en-patat-muffins

Patat en pynappel? Ja, dit werk! Maak hierdie lekker muffins

Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS en SUZANNE CROZIER

12 groot muffins

Bestanddele

250 ml (1 k) volkoringmeel
250 ml (1 k) koekmeel
5 ml (1 t) koeksoda
250 ml (1 k) gougaar-hawermout
knypie sout
5 ml (1 t) fyn kaneel
3 ekstragroot eiers
125 ml (½ k) strooisuiker
125 ml (½ k) olie
4 40 g (1 blik) pynappelmoes
3 75 ml (1½ k) rou patat, geskil en gerasper
50 g (½ pakkie) pekanneute, gekap

MAAK OOK: Banting: Brownies

Metode

Stel oond op 180 °C.

  1. Meng volkoringmeel, koekmeel, koeksoda, hawermout, sout en kaneel.
  2.  Klits eiers en suiker met elektriese klitser saam tot liggeel.
  3.  Roer olie en pynappel met sous by eiermengsel.
  4. Roer patat en neute by meelmengsel. Meng goed.
  5. Roer meelmengsel by eiermengsel en skep in groot muffinpannetjies wat met botter gesmeer is of met kossproei gespuit is.
  6. Bak vir 20 minute of tot gaar in middel.
  7. Plaas op draadrakkie tot afgekoel.

Send this to a friend