Baklava-rolletjies

Hier is ’n resep vir baklavarolletjies

20–24 rolletjies

Bestanddele

Stroop
187 ml (¾ k) witsuiker
200 ml (¾ k + 1 e) water
100 ml (6 e + 2 t) heuning
2 heel naeltjies
1 kaneelstokkie of 2 ml fyn kaneel
60 ml (4 e) vars suurlemoensap
Vulsel
5 0 g (½ pakkie) gekapte pekanneute, fyner gekap
6 0 ml (¼ k) vars witbroodkrummels
60 ml (¼ k) witsuiker
5 ml (1 t) fyn kaneel
30 ml (2 e) gesmelte botter
6 velle fillodeeg
125 g (¼ blok) gesmelte botter om fillo te smeer

Metode

  1. Stroop Plaas bestanddele in kastrol en bring tot kookpunt.
  2. Kook stroop vir 12 tot 15 minute tot effens verdik. Verwyder van hitte en laat heeltemal afkoel.
  3. Vulsel Meng fyngekapte neute, broodkrummels, suiker, fyn kaneel en gesmelte botter saam. Dit moet effe aan mekaar klou. As mengsel te los is, voeg nog bietjie gesmelte botter by.
  4. Sny elke fillodeegvel in vier ewe lang stroke. Hou fillodeeg heeltyd bedek met klam vadoek sodat dit nie uitdroog nie.
  5. Skep 5–10 ml van vulsel aan onderkant van een fillodeegstrook.
  6. Verf fillodeegstrook goed met gesmelte botter. Gee beginpunt ’n rol om vulsel bymekaar te hou. Dit sal soos rolletjie begin lyk.
  7. Vou 1 cm aan albei kante van fillodeegrolletjie na binne en rol verder op. Verf weer gesmelte botter bo-oor klaar rolletjie.
  8. Doen dieselfde met oorblywende bestanddele.
  9. Plaas klaar rolletjies met entjies uitmekaar op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.
  10. Stel oond op 180°C en bak rolletjies vir 18 tot 20 minute of tot goudbruin.
  11. Dompel warm gebakte rolletjies in afgekoelde stroop vir ongeveer een minuut. Haal uit en bêre in verseëlde houer.

Send this to a friend