Stokvis-en-groente-rolletjies

Maak hierdie lekker en maklike stokvis-en-groente-rolletjies!

4 porsies

Bestanddele

125 g (½ houer) gladde salmgeurmaaskaas
60 ml (¼ k) rooi pesto
4 groot stokvisfilette sonder vel
4 murgpampoentjies, in lengtes in kwarte gesny
sout en peper
skil en sap van 1 suurlemoen

Metode

  1. Meng maaskaas en pesto.
  2. Smeer twee eetlepels van kaasmengsel aan een kant van stokvis.
  3. Plaas vier stokkies murgpampoentjies op dieselfde kant van vis en rol op.
  4. Geur met sout, peper en suurlemoenskil. Drup van suurlemoensap oor vis.
  5. Bak vir 20 minute of tot vis gaar is. Bedien met slaai.

Send this to a friend