Banting: Korslose spek-en-spinasie-quiche

Hierdie korslose spek-en-spinasie-quiche is ideaal vir banters!

6 porsies

Bestanddele

klont botter
1 ui, gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
500 g (2 x 250 g-pakkies) spek, in blokkies gesny
300 g (1 bos) spinasie, gewas, ontstingel en fyngekap
sout en peper na smaak
knypie neutmuskaat
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
6 eiers
125 ml (½ k) room

MAAK OOK: Banting: Brownies 

Metode

Stel oond op 180 °C.

  1. Smelt botter en soteer ui en knoffel tot sag.
  2. Voeg spek by en braai tot gaar.
  3. Voeg spinasie by en roer tot spinasie verwelk is.
  4. Geur na smaak met sout en peper. Roer neut by.
  5. Skep spek-en-spinasie-mengsel in oondbak van ongeveer 20 cm x 30 cm wat met botter gesmeer is.
  6. Klits eiers en roer room daarby.
  7. Giet oor gereg.
  8. Bak vir 25 minute of tot gestol in middel.

Send this to a friend