Banting: Brownies

Lus vir brownies maar jy bant? Probeer die lekker resep!

12 blokke

Bestanddele

125 ml (½ k) kakao
5 ml (1 t) sterk koffiepoeier
1 ml koeksoda
1 ml sout
125 ml (½ k) amandelmeel
5 ml (1 t) amandelbotter
125 ml (½ k) pekanneute, gekap
60 ml (4 e) klapperolie
2 eiers
5 ml (1 t) vanieljegeursel
125 ml (½ k) xylitol

MAAK OOK: Banting: Blomkoolrysslaai

Metode

Stel oond op 160 °C.

  1. Voer pan van 20 cm x 20 cm met bakpapier uit en spuit met kossproei.
  2. Meng al die bestanddele in mengbak met houtlepel tot glad.
  3. Skep deeg in pan en maak gelyk bo-op.
  4. Bak vir 30 minute of tot toetspen skoon uitkom.
  5. Laat in pan afkoel en sny in 12 blokke. Keer op afkoelrakkie uit en laat tot heeltemal afgekoel.
  6. Berg in lugdigte houer.

Send this to a friend