Banting: Murgpampoentjie-en-feta-poffers

Hoe lekker lyk hierdie murgpampoentjie-en-feta-poffers nie! Maak dit sommer vandag nog

4 porsies

 Bestanddele

 klont botter
1 ui, fyngekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
5 middelslag-murgpampoentjies, gerasper
125 ml (½ k) amandelmeel
knypie bakpoeier
sout en peper na smaak
1 sirkel fetakaas, gekrummel
2 eiers
avokado-olie om in te braai

 MAAK OOK: Banting: Korslose spek-en-spinasie-quiche

Metode

  1. Verhit botter en soteer ui en knoffel tot sag.
  2. Druk ergste vloeistof van murgpampoentjies uit en roerbraai vir twee minute. Verwyder van hitte.
  3. Meng amandelmeel, bakpoeier, sout en peper en voeg by groentemengsel. Meng fetakaas by.
  4. Klits eiers met vurk en roer by groentemengsel.
  5. Verhit olie in braaipan, skep eetlepels vol beslag in olie en braai tot goudbruin aan een kant. Draai om en braai ander kant.
  6. Sit warm of teen kamertemperatuur voor.

Send this to a friend