Biefschnitzel met sampioensous

Hierdie biefschnitzel met sampioensous is ideaal vir banters!

4 porsies

Bestanddele

400 g Minute steaks
sout en peper
1 eier, geklits
30 ml (2 e) water
160 ml (2/3 k) amandelmeel
klapperolie
SOUS
bietjie botter
1 klein ui, fyngekap
250 g sampioene, in skyfies gesny
250 ml (1 k) room
knypie neutmuskaat
sout en peper

Metode

  1. Slaan biefstuk effens platter met vleishamer. Geur met sout en peper.
  2. Meng eier en water en doop vleis daarin, gevolg deur amandelmeel.
  3. Verhit bietjie klapperolie en braai vleis tot goudbruin. Hou warm.
  4. Sous Braai ui in bietjie botter tot sag, roer sampioene daarin en braai verder.
  5. Gooi room by en kook tot verdik. Roer geurmiddels by en bedien saam met vleis.

Send this to a friend