Blomkoolherderspastei

Hierdie blomkoolherderspastei se resep is banting-vriendelik!

4 porsies

Bestanddele

1 kop blomkool
sout en peper
250 ml (1 k) mozzarella, gerasper
10 ml klapperolie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
500 g maalvleis
5 ml (1 t) fyn komyn
5 ml (1 t) fyn koljander
knypie fyn naeltjies
1 lourierblaar
420 g (1 blik) gekapte tamaties

Metode

Stel oond op 180 ˚C.

  1. Kook blomkool tot sag. Dreineer alle water en sit terug op stoof op lae hitte om meeste van stoom te laat ontsnap.
  2. Druk blomkool met aartappeldrukker fyn, geur met sout en peper en roer kaas by. Hou eenkant.
  3. Braai ui in klapperolie tot sag, roer knoffel by. Skep uit en hou eenkant.
  4. Braai maalvleis tot goudbruin. Roer uiemengsel en speserye by. Braai goed.
  5. Gooi tamaties by maalvleis en laat effe kook.
  6. Skep maalvleismengsel in oondbak met fyngemaakte blomkool bo-op.
  7. Bak vir 30 minute of tot goudbruin.

Send this to a friend