Mojito-kolwyntjies

Nooi jou vriendinne oor en bederf hulle met hierdie lekker mojito-geïnspireerde kolwyntjies

16 kolwyntjies

Bestanddele

3 eiers, geskei
100 ml water
5 ml (1 t) vanieljegeursel
100 ml olie
1 5 ml (1 e) suurlemoenlikeur (limoncello)
15 ml (1 e) suurlemoenskil
230 ml strooisuiker
380 ml koekmeel
12,5 ml (2½ t) bakpoeier
1,25 ml (¼ t) sout
30 ml (2 e) mielieblom (maizena)
SOUS
250 ml (1 k) kruisementblare
250 ml (1 k) suiker
125 ml (½ k) water
6 0 ml (¼ k) suurlemoenlikeur (limoncello)
VERSIERSEL
6 eierwitte
350 ml (300 g) suiker
lemmetjiegroen koekkleursel
7,5 ml (1½ t) gelatien
15 ml (1 e) water

Metode

Verhit oond tot 180 °C en voer twee kolwyntjiepanne met wit papiertjies uit.

  1. Klits eiergele, water, vanielje, olie, suurlemoenlikeur en suurlemoenskil. Gooi strooisuiker geleidelik by, klits tot lig en donsig.
  2. Sif meel, bakpoeier, sout en mielieblom en vou by eiergeelmengsel in.
  3. Klits eierwitte tot sagtepuntstadium en vou by mengsel in.
  4. Skep mengsel in kolwyntjiepapiertjies.
  5. Bak vir 20–25 minute tot goudbruin en gaar.
  6. Sous Kook kruisementblare, suiker, water en suurlemoenlikeur vir vyf minute.
  7. Gooi sous deur sif en hou kruisementblare eenkant.
  8. Prik kolwyntjies en gooi bietjie van sous oor elkeen.
  9. Versiersel Klits eierwitte, suiker en kruisementblare (van die sous) op dubbelkoker totdat suiker opgelos het. Wees versigtig dat mengsel nie te warm raak nie.
  10. Voeg paar druppels koekkleursel by en klits tot amper styf.
  11. Spons gelatien in water en smelt in mikrogolf.
  12. Klits eierwitte tot styf en voeg gelatien geleidelik by.
  13. Versier kolwyntjies.

Send this to a friend