Banting lasagne

Hier is ’n lekker resep vir lasagne wat banting-vriendelik is!

4 porsies

Bestanddele

WITSOUS
30 ml (2 e) botter
7,5 ml (1½ t) psylliumvesel
250 ml (1 k) room
250 ml (1 k) water
sout en peper
VULSEL
klapperolie
2 hoenderborsies, in klein blokkies gesny
1 ui, gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
420 g (1 blik) gekapte tamaties
2 medium grootte murgpampoentjies
1 eiervrug
100 g jong spinasie
250 ml (1 k) gerasperde kaas

Metode

Verhit oond na 180 ˚C.

  1. Sous Smelt botter en roer psylliumvesel by. Roer room en water by en laat kook tot dik. Geur met sout en peper.
  2. Vulsel Verhit bietjie klapperolie en braai hoender tot gaar. Skep uit en hou eenkant.
  3. Braai uie en knoffel tot sag en roer hoender en tamaties by. Laat kook tot dikker.
  4. Skil lang repe van murgpampoentjies.
  5. Sny eiervrug in lang skywe.
  6. Pak helfte van groente onder in groot glasbak, gevolg deur hoendermengsel en witsous. Herhaal proses.
  7. Sprinkel met gerasperde kaas en bak vir 35 minute of tot borrelend en goudbruin.

Send this to a friend