Boerewors-stokbrood | Vrouekeur

Boerewors-stokbrood

Bederf pa met boerewors-stokbrood – jy kan dit braai of in die oond bak!

6–8 porsies

Bestanddele

6 x 120 g-stukke gaar boerewors
gekoopte brooddeeg
SOUS
1 ui, gekap
bietjie olie
420 g (1 blik) uie-en-tamatie-smoor
5 ml (1 t) kerriepoeier
1 lourierblaar

Metode

Stel oond op 180 °C of kole met matige hitte.

  1. Rol brooddeeg in lang worsie, omtrent dikte van jou vinger en druk effe platter.
  2. Steek stokkie deur onderpunt van boerewors.
  3. Begin bo en draai brooddeeg om wors.
  4. Plaas op kole of in oond en braai. Draai af en toe tot deeg gaar is.
  5. Sous Braai ui in olie tot sag. Giet blikkie tamatiesmoor en geurmiddels by en kook vir 15 minute.
  6. Bedien saam met stokbrood.

Send this to a friend