Spek-en-kaas-aartappelwafels | Vrouekeur

Spek-en-kaas-aartappelwafels

In plaas van tradisionele wafels, maak lekker spek-en-kaas-aartappelwafels

6–8 porsies

300 g gaar aartappel, grofgerasper
187 ml (¾ k) mozzarella, gerasper
1 25 g (½ pak) spek, in klein blokkies gesnipper
2 eiers, geklits
5 ml (1 t) pietersielie
2,5 ml (½ t) gemengde kruie
knypie rooipeper

Maak ook kaas-en-spek-broodkoek

Metode

  1. Meng al die bestanddele saam in mengbak met houtlepel.
  2. Verhit wafelpan en smeer liggies met botter.
  3. Vul wafelpan met mengsel en bak.
  4. Bedien dadelik.

Send this to a friend