Caprese-hoender | Vrouekeur

Caprese-hoender

Caprese-hoender

Het jy al ooit probeer om caprese-hoender te maak? Probeer dié resep!

4 porsies

Bestandele

4 hoenderborsies
125 g mozzarella, in skyfies gesny
2 00 g (1 pak) kersietamaties, in skyfies gesny
50 g (1 pakkie) vars basiliekruid
1 knoffelhuisie, fyngedruk
sout en peper
125 ml (½ k) jogurt
125 ml (½ k) suurroom

Maak ook hierdie hoender-en-sampioen-pasta met spinasie

Metode

Stel oond op 200 °C

  1. Maak ses snye in elke borsie (moenie heeltemal deursny nie).
  2. Plaas snytjie mozzarella, tamatie, basiliekruid en knoffel in elke keep.
  3. Geur met sout en peper.
  4. Giet jogurt en suurroom in oondbak. Plaas filette bo-op.
  5. Bak vir 20-30 minute of tot hoender gaar is.
  6. Bedien met pasta.

Send this to a friend