Oosterse soet-suur-hoender | Vrouekeur

Oosterse soet-suur-hoender

Oosterse-soet-suurhoender

Hierdie Oosterse soet-suur-hoender gaan jou mense beslis nie teleurstel nie!

4–6 porsies

Bestandele

8 hoenderboudjies
2 eiers, geklits
2 50 ml (1 k) growwe broodkrummels sout en peper

Sous

60 ml (4 e) sojasous
60 ml (4 e) heuning
2 knoffelhuisies, gekneus
30 ml (2 e) hoisinsous
15 ml (1 e) gemmer, fyngekap
15 ml (1 e) brandrissiesous

Probeer ook hierdie gegeurde thaise hoenderkerrie met spaghetti

Metode

Stel oond op 180 °C

  1. Rol hoender in eier en dan in broodkrummels, geur met sout en peper.
  2. Plaas op gesmeerde bakplaat enbak vir 20 minute.
  3. Draai hoenderhalfpad van baktyd om.
  4. Sous Kook res van bestanddele in kastrol vir twee minute.
  5. Gooi sous oor hoender en bedien dadelik.

Wenk

Hoisinsous kan by enige Chinese supermark of Woolworths gekoop word.

Send this to a friend