Ethiopiese hoender

Maak Ethiopiese hoender vir aandete – dis maklik en heerlik!

4–6 porsies

Bestanddele

15 ml (1 e) paprika
7,5 ml (1½ t) fyn koljander
5 ml (1 t) fyn komyn
2 ,5 ml (½ t) gedroogde brandrissie (opsioneel)
12 hoenderporsies
250 ml (1 k) hoenderaftreksel
2 uie, in repies gesny
10 ml (2 t) vars knoffel, fyngekap
5 ml (1 t) vars gemmer, fyngerasper
80 ml (1/3 k) wit soetwyn
30 ml (2 e) tamatiepasta

Metode

Stel oond op 180 °C.

  1. Meng speserye en smeer hoenderporsies daarmee.
  2. Plaas alle bestanddele in groot oondskottel en maak met foelie toe.
  3. Bak vir 60 minute of tot hoender gaar is en bedien met koeskoes.

Send this to a friend